Datums vir Dippenaar appèl word bepaal
Jandre Dippenaar, wat verlede jaar in Junie in die streekhof op Swakopmund skuldig bevind is op onder andere ses klagte van moord en in Augustus tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is, se appèl teen beide sy skuldigbevinding en vonnis is op 7 Februarie in die hoërhof geregistreer. Datums vir die saak sal vandag by ‘n verhoor met die registrateur bepaal word. Hy het vroeër gepoog om borg te kry hangende die appèl maar dit is deur landdros Vicky Nikolaides geweier.