Parys-ooreenkoms: Lande moet hulle teikens indienFebruary 12, 2025
Die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingsliggaam doen ‘n beroep op lande om hulle nuwe klimaatsteikens teen September in te dien. Dit volg na China, Indië en die Europese Unie, wat van die grootste besoedelaars is, die spertyd vir nuwe teikens misgeloop het. Lande moet ingevolge die 2015-Parys-klimaatooreenkoms elke vyf jaar gedetailleerde planne voorlê, met duidelike teikens vir koolstofvrystellings of in die geval van armer lande vir die vermindering daarvan. Simon Stiell van die VN sê die G20-groep is verantwoordelik vir 80-persent van globale vrystellings:
Namibië moet ook sy nuwe teikens indien.