DA ontevrede met teen-ontsnappingsmaatreëls in tronke
Die DA sê die Departement van Korrektiewe Dienste se nakoming van die Openbare Beskermer se remediërende aanbevelings in die verslag oor Thabo Bester se ontsnapping, is onbevredigend. Die departement het sy voorkomingsplan Dinsdag in die Parlement bekendgemaak. Die DA sê die dokumente bevat nie beslissende optrede om ontsnappings in die toekoms te voorkom of teenkorrupsieprosedures in die departement te versterk nie. Hy sê hy sal aan die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, skryf en ʼn gedetailleerde verduideliking vra van onmiddellike maatreëls wat sy departement gaan instel om in die toekoms ontsnappings soos Bester s’n te voorkom.