Botaniese Tuin in hoofstad soek klippe, asseblief

Die Nasionale Botaniese Tuin in Windhoek se kurator, Leevi Nanyeni, en landskaptuinier Rainer Raue beoog om ‘n nuwe rotstuin te vestig, maar hulle benodig die regte klippe en rotse. Volgens Nanyeni moet daar uniformiteit in veral kleur wees, anders sal die rotstuin kunsmatig lyk. Die doel is dat die tuin oor ‘n jaar of twee jaar natuurlik moet lyk, asof dit nog altyd daar was. Hulle is op soek na rotse wat geskenk kan word en kan reëlings tref om die materiaal na Windhoek te vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met kurator Nanyeni, wat verduidelik waarna hulle soek.