Amerikaanse Ope vernuwe gemengde-dubbelspelformaat

Tennis: Die Amerikaanse Ope gaan sy gemengde dubbelspel verskuif na ʼn week voor die hooftoernooi begin. Dit sal uit 16 spanne bestaan, met agt wat regstreeks toegang kry op grond van hul gekombineerde enkelspel-ranglysposisies en die ander agt promotorskeuses. Die vroeër rondes se wedstryde sal bestaan uit die beste uit drie stelle, net tot vier potte, met ‘n beslissende punt wanneer 40-elk bereik word. Die toernooi-direkteur, Stacey Allaster, sê die geleentheid vind op 19 en 20 Augustus plaas.