Vermy groot openbare byeenkomste, Namibië rou
Die regering ontmoedig die nasie van groot openbare byeenkomste en vieringe wat as oneerbiedig beskou kan word tydens die routydperk vir stigterspresident Sam Nujoma, wat Sondag begin het. Die inligtingministerie sê in ‘n verklaring om voorsiening te maak vir die voortsetting van dienslewering, kan binnenshuise byeenkomste egter plaasvind. In ooreenstemming met die opdrag dat alle sportbyeenkomste opgeskort word, het die Kankervereniging van Namibië die Big Walk for Little Warriors uitgestel. Die geleentheid, in samewerking met Lions Namibië, sal op ‘n nuwe datum in Maart plaasvind. Die bygewerkte besonderhede en hersiene beplanning sal mettertyd gekommunikeer word.