Skoolatletiek kan nou voortgaan, na vele klagtes
Nadat alle sportbyeenkomste opgeskort is tydens die routydperk vir wyle president Sam Nujoma, het die inligtingministerie nuwe maatreëls aangekondig. Die opskorting is wyd gekritiseer as iets wat die ontslape president nie sou ondersteun nie. Adjunk-inligtingminister Modestus Amutse is by die inligtingsessie gevra onder watter wet die opskorting-besluit geneem is. Volgens hom is daar nie regulering nodig nie en die regering neem besluite soos hulle goeddink. Amutse gee die nuwe maatreëls.