Santorini-skuddings verstom wetenskaplikes
’n Aardbewing van 5,3 het die Griekse eiland Santorini getref, die sterkste nog van die tallose skuddings wat duisende genoop het om te vlug. Dit is twee uur later gevolg deur nog ‘n skudding van 5,0. Volgens die Universiteit van Athene is bykans 13 000 skuddings tussen 26 Januarie en 8 Februarie aangeteken. Die skuddings verstom wetenskaplikes wat sê die streek het nog nie seismiese bedrywighede op hierdie skaal ervaar sedert opnames in 1964 aangeteken word nie. Santorini lê bo-op ‘n dormante vulkaan wat laas in 1950 uitgebars het.