Voedselpryse in drukkoker
Die makelaarsfirma Simonis Storm sê hy verwag dat inflasie in Februarie stabiel sal bly op3,2 persent. In sy ontleding van Januarie se syfers wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak is sê hy dat terwyl prysdruk gemodereer het oor sleutelsektore, is daar steeds opwaartse druk op voedselpryse, vervoerkoste, behuising en nutsdienste. Vir veral voedselpryse is daar kommer oor wêreldwye voedselprys-onbestendigheid en voorsieningsketting aanpassings wat sleutelrisiko’s bly.