Turksvye vir bio-energieFebruary 10, 2025

Nopal Carbon Namibia het begin met die ontwikkeling van ‘n 800-hektaar nopalkaktus, of turksvy-plaas by Maltahöhe, nadat sy omgewingsklaringsertifikaat uitgereik is. By die sooispit seremonie het vennoot Nicole Maske gesê die projek beoog om meer as 60 werksgeleenthede in die aanvangsfase te skep. Die plaas is deel van Nopal se breër strategie om 17 500 hektaar turksvye teen 2028 te verbou, met die doel om die droë landskap in produktiewe terreine vir bio-energie en koolstofsekwestrasie te omskep. ‘n Bioverteerder kan metaangas uit die plant se blare en stamme maak, wat gebruik kan word om elektrisiteit op te wek. Die hoofrede is namens vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelewer deur die adjunk-uitvoerende direkteur in die kantoor van die vise-president, Mateus Kaholongo.