Nujoma: Rouperiode tot verdere kennisgewing het ingetreeFebruary 10, 2025
Die regering het Sondagaand ‘n tydperk van nasionale rou aangekondig na die dood van stigterspresident Sam Nujoma. Dit was onmiddellik van krag, tot verdere kennisgewing. Die inligtingministerie sê in ‘n verklaring dat die nasionale en alle ander vlae gedurende die routydperk regoor die land halfstok sal hang, asook by Namibiese ambassades en belangekantore in die buiteland. Aanduidings is dat ‘n vakansiedag aangekondig sal word, maar dit is nog nie amptelik bevestig nie.