TLU SA sê herrie met Trump is ANC se eie skuld
Die landbou-organisasie TLU SA sê die ANC se transformasie-agenda het gelei tot die geleidelike uitsluiting van sekere groepe in die arbeidsmag en ekonomiese geleenthede. Verlede Vrydag het die Amerikaanse president Donald Trump beveel dat finansiële hulp aan Suid-Afrika gestaak word weens die land se onteieningsbeleid. Hy het ook toevlug vir Afrikaners gebied. Bennie van Zyl van TLU SA sê die regering het homself geplaas tussen lande wat Amerika openlik teenstaan, terwyl hy terselfdertyd verwag dat Amerikaanse belastingbetalers finansiële hulp aan Suid-Afrika sal verleen: