Ministerie sê oor rondloperleeuFebruary 10, 2025

Video’s op sosiale media oor die naweek het nog ‘n rondloper-leeuwyfie naby Oshivelo gewys, naby waar een verlede week gesien is. Motoriste word versoek om vir veiligheid in hul voertuie te bly. Verlede naweek het die omgewingministerie twee voorvalle van rondloperleeus bevestig. ‘n Leeuwyfie is in die Tsumeb-Oshivelo-omgewing gesien, terwyl ‘n ander leeu naby Oromowa, op Etosha se westelike grens, opgemerk is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder.