Corbin vervang Anrich vir Pakistan-reeksFebruary 10, 2025

Die Titans se snelbouler, Corbin Bosch, is aangewys as plaasvervanger vir die beseerde Anrich Nortjé in die Protea-groep vir die komende IKR-kampioenetrofee in Pakistan. Die 30-jarige Bosch het sy eendagdebuut in Desember gemaak. Die 18-jarige Kwena Maphaka is ook ingesluit as reisende reserwe. Bosch en Maphaka, en die kolwer Tony de Zorzi, het Sondag na Karatsji vertrek om by die groep aan te sluit vir die res van die drienasies-eendagreeks teen Pakistan en Nieu-Seeland.