Hardap meer as ‘n vyfde vol
Boere by die Hardapdam is verlig oor goeie neerslae wat ontvang is en die dam wat tans op 22,1 persent van kapasiteit staan. Dit het vroeër broekskeur gegaan met besproeiing wat op ‘n stadium gestaak is maar teen middel Januarie hervat. Met die onlangse reën het die Visrivier nie teleurgestel nie. Produsent Rico Bothma sê daar is baie om voor dankbaar te wees.