Meer as N$43 miljard bestee aan internasionale sokker-oordragte

Sokker: Die wêreldbeheerliggaam Fifa het bevestig verlede maand se besteding aan internasionale oordragte in die manspel was 57-persent meer as Januarie verlede jaar. Klubs oral in die wêreld het altesaam 43,2-miljard Namibiese dollar bestee aan nuwe kontrakte. Dit is ook 47-persent hoër as die vorige rekord in 2023. Fifa sê 5 863 internasionale oordragte het plaasgevind tussen die eerste Januarie en die vierde van dié maand, ‘n verhoging van 19-persent op verlede jaar se rekord. Engelse klubs het altesaam 11,4-miljard-dollar bestee.