Dis hoekom ‘beste beskikbare tariewe’ nou by hotelle geldFebruary 9, 2025
’n Onlangse opname deur The Brief het gewys dat sommige van die land se groot hotelle wegbeweeg het van vaste pryse ten gunste van dinamiese tariewe, aangedryf deur internasionale standaarde en stygende bedryfskoste. Internasionaal is wisselende tariewe, ook bekend as Beste Beskikbare Tariewe of BAR algemeen, wat ondernemings in staat stel om pryse te verlaag gedurende nie-spitstye, wat toeriste kan bevoordeel met laaste-minuut-aanbiedings. Daar is egter kommer dat dit binnelandse toeriste, wat hul reise lank vooruit beplan weens finansiële- en tydsdruk, kan vervreem. Kosmos 94.1 Nuus het Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, gevra of plaaslike pryse teenoor internasionale pryse ‘n opsie kan wees.