Toetsatmosfeer in Kaap vir Bulle, Stormers
Rugby: Die Stormers pak die Bulle sonder verskeie eerstekeuse-spelers in vandag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Manie Libbok, Ruhan Nel, Neethling Fouché, JD Schickerling en Ali Vermaak is almal beseer. Dit is baie slegte nuus vir 2021/22 se kampioen, wat tans maar 12de op die punteleer is. ‘n Oorwinning oor hul aartsvyand kan hulle egter laat opskuif tot onder die voorste agt, en ‘n plek in die uitspeelronde. Die wedstryd begin vanmiddag 2-uur op die Kaapstad-stadion. Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, is in Kaapstad.