SA het eie bed gemaak: Koedoe Eksteen oor Trump-bevel
Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel wat hulp aan Suid-Afrika staak en die hervestiging van Afrikaners onder die vlugtelingprogram bevorder, het ‘n bom laat bars. Die F.W. De Klerk-stigting vra vir kalmte en koel koppe, en dringende samesprekings met die Trump-administrasie. Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van Afriforum, sê Afrikaners se plek is aan die suidpunt van Afrika. Afriforum en Solidariteit vergader vanoggend dringend oor die bevel. Kosmos 94.1 Nuus het ekslusief met die deurwinterde diplomaat en voormalige SA Ambassadeur in Namibië, Dr. Riaan Eksteen, gesels.