Dierebeskermingswet maak voorsiening vir honde-marteling

Die wrede byldood van die Rottweiler Ragnir om as kapanavleis verkoop te word, het skokgolwe deur Swakopmund gestuur. Die voorsitter van die dorp se DBV, Desiree Nel, sê dit was nie ‘n geïsoleerde voorval nie maar deel van ‘n groeiende tendens waar honde vir vleis geslag word. Sy bepleit veranderinge aan die Dierebeskermingswet en die daarstelling van eksplisiete kodes wat misdade wat honde teiken, reguleer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat kommentaar lewer.