Vier ambulanse diens hele Otjozondjupa

Uitdagings met gesondheid duur voort in die land en volgens die jongste berigte het die Otjozondjupa-streek net vier ambulanse wat inwoners oor lang afstande, van Tsumkwe tot Okahandja moet bedien. Die streek se gesondheidsdirekteur Gebhardo Timotheus sê die krisis duur sedert April verlede jaar en in werklikheid is 14 ambulanse nodig om die hele streek te bedien. Hy voeg by die vier wat wel in werking is, het uiters hoë kilometers op, tot 600 000. Intussen sê gesondheid se woordvoerder, Walters Kamaya, 23 voertuie is bekom en sal omskep word in ambulanse.