Saara gee opdatering oor N$600-toelaag
Nudo-parlementslid Joseph Kauandenge het premier Saara Kuugongelwa Amadhila in die parlement gevra oor wanvoeding in die Omaheke-streek, en die moontlikheid van ‘n universele basiese inkomstetoelaag. Kuugongelwa het geantwoord dat haar kantoor nie gekant is teen ‘n universele basiese inkomstetoelaag nie. Sy het ‘n opdatering gegee oor registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag wat haar kantoor verlede jaar begin het. Meer as 21 000 gesinne kry nou die toelaag.