3 100 Rundu-leerders huis toe getsuur, toilette is stukkend 

Die Rundu-dorpsraad het twee skole op die dorp gedwing om te sluit weens uiters swak sanitasie. Die New Era berig die Jafet Haiyambo Senior-laerskool en die Hompa Sofia Mundjebwe Kanyetu Junior-laerskool is toe. Die twee skole deel ablusie-fasiliteite wat volgens die dorpsraad nie werk nie. Volgens wat berig word is die situasie so sleg dat leerders sedert 23 Januarie reeds om tien-uur huis toe gestuur is maar, hulle is nou gesluit. Die twee skole saam met 3 100 leerders.