Groenmure maak koel – narvorsing
‘n Nuwe studie deur die Universiteit van Utrecht het uitgevind hoe mure wat met plante bedek is kan help om stede koeler te maak en biodiversiteit te verhoog. Navorsers, gelei deur die ekoloog Katharina Hecht, het groenmure, kaalmure en natuurlike hange vergelyk. Die groenmure het die temperatuur in die lug met tot 0,7-grade Celsius verlaag en ‘n tuiste gebied vir meer as 100 dierespesies. Die studie beklemtoon die belangrikheid van die integrering van groenmure in groter stedelike ekostelsels. Hecht se span ontwikkel nou ‘n digitale stelsel om die voordele van groenmure in verskillende klimate te meet.