Von der Leyen waarsku oor VSA-tariewe
Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het na ‘n informele vergadering van Europese leiers gevra vir konstruktiewe gesprekke met Amerika. Dit kom na president Donald Trump se uitsprake oor moontlike tariewe op invoere uit die Europese Unie. Sy het egter gewaarsku dat die EU ferm sal reageer as die Trump-administrasie dit onregverdig teiken. Die leiers het die versterking van samewerking te midde van nuwe globale onsekerhede bespreek. Luister na Von der Leyen.