Saara maan haar personeel om te presteer

Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila het haar personeel toegespreek in haar gebruiklike begin van die jaar vergadering. Die staatsdiens is alom bekend vir swak prestasie. Volgens die eerste minister moet haar personeel innoveer maar nie om lof vir innovering te kry nie maar, om beter te presteer.