Oranje se vlakke verstommend laag
Die watervlak van die Oranje-rivier by Blouputs en Sendelingsdrif is uiters laag, op onderskeidelik 0,28 en 0,21 sentimeter. Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens se jongste verslag vloei die Kunene by Ruacana ook redelik swak op 255 kubieke meter per sekonde, teenoor 320,6 verlede jaar. Die vlak van die Zambezi-rivier in die noordooste styg en is by Katima Mulilo op 0,83 meter teenoor 1,5 verlede jaar. Die Okavango vertoon by Rundu vertoon soortgelyk teenoor laas jaar, op 5 meter vergeleke met 5,6 meter in 2024.