Instituut waarsku oor negatiewe aandag weens Onteieningswet

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika moenie die negatiewe aandag wat sy Onteieningswet in die wêreld en veral Amerika trek, onderskat nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om as gevolg van die land se onteieningsbeleid, alle toekomstige befondsing aan Suid-Afrika te stop. Makone Maja van die instituut sê al is dit moontlik misleidend, dui Trump se verklaring daarop dat die regering se beleidskeuses van oorkant die Atlantiese Oseaan raakgesien word en waarskynlik gevolge sal hê.