Mondesa-kliniek toe na brand
Die gesondheidministerie het die tydelike sluiting van die Mondesa-kliniek in Swakopmund, in Tamariskia, aangekondig ná ‘n brand Maandag in die vroeë oggendure. Luidens ‘n polisieverslag was ‘n wag van Six Thousand Security Services by die kliniek aan diens toe hy verskeie geluide gehoor het, wat soos ontploffings klink. Kort daarna was die kliniek in vlamme gehul. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die brand moontlik by die klioniek se apteekafdeling ontstaan het. Die Swakopmund Munisipaliteit se brandweer het die brand geblus. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die ministerie se woordvoerder, wat sê die publiek moet vir eers die DRC-kliniek gebruik.