Mens-dier-konflik by noordelike riviere ‘n uitdaging
‘n 22-jarige man, Damian Haikera, is die week deur ‘n krokodil aangeval terwyl hy in ‘n rivier by Kafuma-dorpie in Kavango-Wes gebad het. Hy het daarin geslaag om te ontsnap, maar sy arm is gebreek en hy het kneusplekke opgedoen. Nampol hoofinspekteur Raimbert Muronga het inwoners versoek om nie allen na riviere te gaan nie en waarsku dat oorstromings die teenwoordigheid van krokodille, seekoeie en slange verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van die omgewingsministerie.