Ekandjo sê Swapo kan nie sommer NNN onderskryf nie 

Die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo het in ‘n brief aan die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa gesê die party se plan om Netumbo Nandi-Ndaitwah as party-president op 28 Februarie te onderskryf, is ongrondwetlik. Die party se buitengewone kongres word dan gehou. Volgens plaaslike media is Ekandjo ongelukkig met die party se optrede en sy ongrondwetlike besluite. Hy voeg by dat die sentrale komitee van die party wel bewus is dat die top-vier ingestem moet word en kandidate kan nie bevestig word deur ‘n onderskryf-proses nie. Ekandjo is ook van mening dat die party binne drie maande na Hage Geingob se dood ‘n buitengewone kongres moes hou.