Dis weer Real Madrid, ManCity in Kampioeneliga uitspeelronde
Sokker: Die verdedigende kampioen, Real Madrid, speel teen 2023 se wenner, Manchester City, in die uitspeelronde van die Kampioeneliga. Dis die vierde jaar in ‘n ry dat die twee teen mekaar geloot word in ‘n uitklopstryd. Real het verlede seisoen hulle kwarteindstryd met strafdoele gewen. Die Skotse kampioen Celtic speel teen die sesmalige Europese kampioen, Bayern Munchen. Celtic is die eerste keer in 12-jaar in die uitklopronde. Hy het in 2017/18 laas in die groepfase teen Bayern gespeel en tuis en weg verloor.