Navo jaag om koue-bestande hommeltuie te bekom vir Arktiese gebied
‘n Reuters-opname toon die industrie in die VSA en Europa hard werk om hommeltuie te ontwikkel wat ysige toestande kan verduur. Rusland en China het militêre aktiwiteite in die Arktiese gebied verskerp, terwyl Navo-state in die streek meer sabotasie op energie- en kommunikasielyne rapporteer. Die konflik in die Oekraïne het intussen gewys dat hommeltuie doeltreffend gebruik kan word maar, hommeltuie – hetsy multicopters of vastevlerkmodelle – is kwesbaar. Slegs die grootste langafstandmodelle het genoeg krag vir teen-ysselstelsels soos dié wat deur vliegtuie gebruik word. Koue, mis, reën of sneeu kan ‘n wanfunksie of ongeluk veroorsaak met batterye wat van korte duur hou.