Een bakkie pap oggendtyd maak skoolbywoning beter
Plaaslike media berig dat die bediening van pap by laerskole in die land, skoolbywoning positief raak. Volgens die lynministerie is 130 miljoen Namibiese dollar vir die huidige boekjaar vir die skoolvoedingprogram begroot. Die program verskaf daagliks etes aan meer as 400 000 leerders. In totaal trek 1 514 laerskole voordeel uit die program. Duisende kinders kom uit arm huishoudings waar ‘n daaglikse maaltyd nie altyd beskikbaar is nie. Die pap word deur ouers en vrywilligers voorberei.