CAN rol sorgfonds vir palliatiewe sorg in Namibië uit

Palliatiewe Sorg Namibië, ‘n afdeling van die Kankervereniging van Namibië, het die Palliatiewe Sorgfonds van stapel gestuur om toegang tot palliatiewe en hospiessorg vir finansieel kwesbare Namibiërs te verbeter. Die fonds is spesifiek daarop gefokus om fondse in te samel vir diegene wat ‘n kritieke behoefte het aan einde-van-lewe sorg, insluitend medikasie en verpleegondersteuning. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen. 

Hy sê die sorgfonds is uiters belangrik.