Lasbrief vir Amupanda se roerende goed uitgereik
Daar was ‘n onverwagte wending te doen met die Rooilyn-saak wat die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, gebring het. Die respondente, die Namibiese Landbou-unie twee kommersiële boere, het ‘n lasbrief uitgereik vir beslaglegging op Amupanda se roerende eiendom. Die boere is André Compion van Fly Namibia en Diethelm Metzger van Savannah Beef. Die lasbrief is om 91 440,69 Namibiese dollar se regskoste verbonde aan die saak te verhaal. Die eiendom sal opgeveil word om Amupanda se skuld te delg. Die skuldbedrag sluit 20 persent rente per jaar vanaf 10 April 2024 in. Dit kom na ‘n kostebevel teen Amupanda gemaak is op 12 Desember 2023.