Charles praat oor onmenslikheid by AuschwitzJanuary 28, 2025

Koning Charles III is die eerste Britse monarg wat Auschwitz besoek en hy waarsku die wêreld om te onthou tot watter dieptes die mensdom kan daal. Dit was Maandag Holocaust-gedenkdag en die 80ste herdenking van die Auschwitz-Birkenau-konsentrasiekamp se bevryding van die Nazi’s. Sowat 1,1-miljoen mense, hoofsaaklik Jode, is van 1940 tot 1945 in die konsentrasiekamp vermoor. Die koning beskryf die dag as ʼn somber en heilige oomblik: