Werkgewersfederasie voorsien probleme met minimum loon
Die nasionale minimum loon is in 2019 in Suid-Afrika vasgestel en navorsing toon dat soos die bedrag toegeneem het, so ook het gevalle van nie-nakoming. Strategieë soos die vermindering van werksure om die wetgewing te omseil, word ook gebruik. Die minimum loon daar is vir alle werkers 27 Suid-Afrikaanse rand 58 sent per uur. Namibië se nasionale minimum loon van 18 Namibiese dollar per uur het op 1 Januarie in werking getree, maar die lone van werkers in sommige sektore sal oor drie jaar ingefaseer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Helene Ochs, die waarnemende sekretaris-generaal van die Namibië Werkgewersfederasie, wat verskeie potensiële probleme voorsien.