St Andrews bied 2027 Ope Kampioenskap aan

Gholf: Die St Andrews Old Course in Skotland bied in 2027 die 155ste Ope Kampioenskap vir ‘n nuwe rekord 31ste keer aan. Dit is volgens die tradisionele siklus van die Old Course. Die Ope is in 2022 laas op St Andrews gehou toe die Australiër, Cameron Smith, die 150ste uitgawe van die sport se oudste major gewen het. Die uitvoerende hoof van die beheerliggaam, R&A, Mark Dobson, sê Die Ope beloof om nog ʼn mylpaal-geleentheid te wees by een van die sport se beste en mees geskiedkundige bane.