Onteiening: AfriForum dreig ook met hofstappe

AfriForum dreig om met omvattende regsoptrede te begin om privaat eiendomsreg te beskerm indien die regering eiendom sonder vergoeding wil onteien. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa die Onteieningswetsontwerp bekragtig het. Dit sit uiteen hoe staatsinstellings weens verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Ernst van Zyl van AfriForum sê enige wet wat privaat eiendom wil vat, is vir dié burgerregte-organisasie ʼn rooi streep: