Namcor lê Chevron, Shell se Oranjekom-bedrywighede uit
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het beduidende opdaterings oor eksplorasie-, evaluerings- en ontwikkelingsaktiwiteite in die aflandige Oranjekom aangekondig. Hierdie streek het wêreldwye erkenning gekry as een van die mees belowende olie- en gasbekkens. Namcor doen uitgebreide geologiese, geofisiese en ingenieurstudies om ondergrondse begrip te verbeter en ingeligte besluitneming deur potensiële beleggers te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, wat ‘n opdatering deel oor sleutelspelers soos Chevron Namibia Exploration en Shell Namibia.