Deep Yellow stel finale beleggingsbesluit oor Tumas uit
Die Australiese uraanontwikkelaar Deep Yellow sê hy sal sy finale beleggingsbesluit oor sy Tumas-projek in Namibië uitstel nadat hy vertragings ondervind het met die ontvangs van finale kosteberekening en kwotasies vir gedetailleerde ingenieurswerk. Die besluit, wat nou in Maart 2025 verwag word, sal ook nuut geïdentifiseerde geleenthede in ag neem om die projek verder te optimaliseer. John Borshoff, Deep Yellow se besturende direkteur en uitvoerende hoof, sê ‘n hoër uraanprys sal ‘n primêre voorwaarde wees om met die bou van die verwerkingsaanleg te begin.