Cyril sê Davos was ‘n sukses

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Wêreld Ekonomiese Forum in Switserland het getoon dat die land ‘n wonderlike beleggingsbestemming is. Hy het die media by die forum in Davos toegespreek. Suid-Afrika het sy plek ingeneem as die eerste Afrika-land wat die presidentskap van die G20 inneem. Ramaphosa sê die forum was ‘n sukses vir die land, en hy is baie optimisties oor die beleggingsgeleenthede wat voorlê: