NNN, Shanghala kie kan nie getuig nie, punt

Job Amupanda het misluk met sy pogings om die visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah, oud-justisieminister en Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala, prokureur Dirk Conradie en die uitvoerende direkteur van landbou Ndiyakupi Nghituwamata te roep om in sy rooilynsaak te getuig. Nandi-Ndaitwah het ‘n dringende aansoek gebring om dit te keer en Shanghala het uit die gevangenis ‘n verklaring uitgereik en gesê sy Omaheke-boerdery sal deur die verwydering van die kordonheining geraak word. Regter Shafimana Uietele het niks hiervan in aanmerking geneem nie en Amupanda daaraan herinner dat alle getuies reeds teen 13 Desember opgeroep moes wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *