Sentrale stelsel nodig teen zama-zamas
Die DA versoek die vestiging van ‘n gesentraliseerde intelligensiesentrum om op tree teen onwettige mynsindikate en hul afpersingsbedrywighede. Na die ontsnapping van die beweerde onwettige mynhoof, James Neo Tshoaeli, in Stilfontein in Noordwes, glo die party doeltreffende misdaadintelligensie is deurslaggewend om hierdie misdaadnetwerke te vernietig. DA-woordvoerder, Ian Cameron, dring aan op samewerking binne wetstoepassing om onwettige mynbou te beveg en veiligheid te herstel vir gemeenskappe wat deur hierdie sindikate misbruik word: