Namdia-verdagte Angula maak eerste verskyning

Die eerste verdagte in die Namdia-rooftog, die 45-jarige Joel Angula het in die Windhoek-laerhof verskyn. Hy word op een aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord en die besit van ongeslypte diamante verhoor. Sy medebeskuldigde, Sam Shololo, staan tereg op dieselfde aanklagte, maar hy bly in die hospitaal onder mediese sorg. Borg is geweier en Angula bly in aanhouding by die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit. Angula sal weer op 23 Mei verskyn. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *