Kitsmode ‘n reuse klimaat-uitdaging

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram sê die kitsmode-bedryf is die tweede grootste waterverbruiker en verantwoordelik vir ongeveer 10 persent van die wêreld se koolstofvrystellings. Die term “kitsmode” verwys na klere wat vinnig en goedkoop vervaardig word en die jongste loopplank-modes naboots. Die VN sê die bedryf laat waterbronne opdroog en besoedel riviere en strome terwyl 85 persent van alle tekstiel jaarliks op die vullishoop beland. Volgens die VN se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering sal vrystellings net uit tekstielvervaardiging teen 2030 met 60 persent opskiet. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *