Mufasa bly bo in VSA-loket

Die Disney-fliek Mufasa: The Lion King was die naweek steeds nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. One of Them Days van Sony met Keke Palmer en sanger SZA in die hoofrolle, het sy debuut op nommer twee gemaak. Dis die eerste swart komedie met vroue as hoofkarakters sedert Girls Trip in 2017. Universal se herverwerking van Wolf Man wat na verwagting die eerste plek sou haal, was derde. Paramount se gesinsfliek, Sonic the Hedgehog 3, was na vyf naweke vierde en Lionsgate se Den of Thieves 2: Pantera was vyfde. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *