Markte verstewig, Bitcoin op nuwe rekord voor Trump-inhuldiging

Europese en Asiese aandelemarkte het verstewig en bitcoin het tot ‘n nuwe hoogtepunt opgeskiet terwyl Donald Trump gereedmaak om weer as die president van die wêreld se grootste ekonomie ingehuldig te word. Bitcoin het ‘n rekordvlak van meer as 109 000 Amerikaanse dollar behaal nadat Trump aangedui het hy gaan die kripto-geldeenheidsektor dereguleer. Voor die inhuldiging het positiewe samesprekings tussen Trump en die Chinese president, Xi Jinping, rustigheid meegebring ná bekommernisse oor die inkomende Amerikaanse leier se tweede ampstermyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *