Besproeiing hervat vandag by Hardap

Besproeiing by die Hardap-skema hervat vandag. Die stelsel is verlede week voorberei. Die produsente het vergader na goeie neerslae die dam van net meer as 5 persent na die huidige 16,6 persent geneem is. Die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, Dawie de Klerk, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat onttrekking en verdamping op 100 persent besproeiing min of meer gemiddeld 3 persent van die dam se water maandeliks neem, dus 36 persent per jaar. Besproeiing is vir nou beperk tot 80 persent van die totaal met ‘n besparing van 20 persent.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *